Afrikaans Metro-Noord
c8ef87f0-0003-4732-9e39-8e00c8a982f8_1.9f99b3a6aa3d2608cb6806900145e0ce
Welkom by ons webtuiste

Hierdie platform dien as ondersteuningsgroep vir die Afrikaansonderwysers van Metro-Noord Onderwysdistrik. Dit is propvol nuwe taalverwikkelinge en taalinspirasie. Die kurrikulumadviseurs plaas alle inligting, skoolondersteuningshulpmiddels en administratiewe bronne vir die Afrikaansklas hier om die werk van Afrikaansonderwysers van Metro-Noord te vergemaklik.

afrikaans
Afrikaans

Afrikaans is tipologies beskou 'n Indo-Europese, Wes-Germaanse, Nederfrankiese taal, wat aan die suidpunt van Afrika onder invloed van verskeie ander tale en taalgroepe ontstaan het. Afrikaans is op 8 Mei 1925 as 'n amptelike taal van Suid-Afrika erken en is tans die derde jongste Germaanse taal wat amptelike status geniet, naas Faroëes wat in 1948 grondwetlik erken is en Luxemburgs wat hierdie status in 1984 verkry het.

photo
Afrikaans in Suider-Afrika

Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en daarnaas ook 'n belangrike taal van Namibië. Volgens die Suid-Afrikaanse sensusopname van 2011, beskou ongeveer 6,9 miljoen sprekers in Suid-Afrika (13,5% van die totale bevolking) dit as hulle moedertaal. Sowat een miljoen van dié sprekers is tweetalige moedertaalsprekers van Afrikaans en Engels.

20180619_172217
Afrikaans - Oorsprong

Afrikaans het as kontaktaal aan die suidpunt van Afrika ontwikkel uit die kontak tussen 16de- en 17de eeuse Nieunederlands (of Nuwe Nederlands), Khoi, San, Maleis, Portugees, Frans, Duits, Engels en verskeie Nguni- en Sothotale.